WOORDMUSIEK
Afr. Gesin
Vervaardiger: Naomi Grobbelaar
Teks: Marlize Leyden
Regie & choreografie: Dewald von Solms
Musiek: Rosa Nepgen
Dokumentêre beeldmateriaal: Khaki Produksies Met Naomi Grobbelaar (sopraan), Sulayman Human (klavier) en Eddie de Jager (hoorbeeld - gedigte) So ver soos 'n engel te perd kan ry, W.E.G. Louw se enigste reisverhaal, is die afsetpunt van 'n biografiese reis tydens die 100 jaar-herdenking van sy lewe. Woordmusiek en beeldmateriaal bring die akademikus en gesinsman weer huis toe.
LOUIS LOOCK - LOUIS DIE NUWE LOO(C)K | ||||
Datum | Tyd | Duur | Venue | Prys |
30 March | 13:30 | 80 min | ATKV Neelsie Teater | R 110 |
31 March | 13:30 | 80 min | ATKV Neelsie Teater | R 110 |
1 April | 13:30 | 80 min | ATKV Neelsie Teater | R 110 |
2 April | 13:30 | 80 min | ATKV Neelsie Teater | R 110 |
KABARET
Afr. Gesin
Teks: P.G. du Plessis
Regie: Emma Bekker
Met Jannie du Toit, Susan Mouton (tjello) en Clinton Zerf (klavier)
Jannie du Toit neem die gehoor op 'n boeiende reis van teks en musiek waarin Afrikaans die botoon voer, maar daar is ook pragtige Nederlandse liedjies en 'n skeutjie Frans en Engels by waaronder liedere van kabaretmeesters Jacques Brel, Brecht en Koos Doep.
KLASSIEKE MUSIEK
Afr. Eng., Duits, Italiaans en Frans. Gesin.
Regie: Niël Rademan
Met Elna van der Merwe, Magdalene Minnaar, Vanessa Tait-Jones, Jo-Nette le Kay,
Lynelle Kenned, Goitsemang Lehobye en Ernestine Stuurman
Dié superstemme sing musiek uit operas, opperettes, musiekblyspele en kabarette. Verwag vuurwerke, stemtoertjies en bowenal die mooiste vokale musiek ooit.
SKRYWERS & STORIES
Louise Viljoen praat oor beelde van die Klein Karoo in die werk van C.J Langenhoven,
die storieboer Abraham de Vries en die skrywer-joernalis Willemien Brümmer.
MUSIEK & STORIEVERTELLING
Met Ollie Viljoen, Andries Vermeulen en Peter Mitchell
Elke liedjie het 'n storie en elke deuntjie roep 'n storie op. Meesterverteller en kunstenaar, Ollie Viljoen, kuier saam met Andries Vermeulen en Peter Mitchell.
KONTEMPORÊRE MUSIEK / DIGKUNS
Musiek: Abraham Mennen, Jotam Schoeman en Gerrit Strydom
Met Abraham Mennen en Jotam Schoeman
In Die Kwas word musiek, digkuns en die visuele gekombineer. Die geluide van alledaagse voorwerpe, die eksplosiewe elemente wat bestaan in die Afrikaanse taal en die onbekende klanke van tradisionele musiekinstrumente word bymekaar uitgebring.
KOMEDIE
Afr. Gesin
Teks: Ian Wessels
Regie: Margit Meyer-Rödenbeck
Met Ian Wessels
Ian Wessels (RSG) hou sy lyf Anoniem en wonder wat jy vir jou baas (of jou vrou) sal sê as jy dit anoniem kon doen. Hy vat ook Anoniem se spoor elders - van destyds se Hoekie vir Eensames tot by vandag s'n - Facebook natuurlik!
WOORDKUNS
Afr. Gesin
Vervaardiger: Johann Enslin
Teks en regie: Louis du Preez
Musiek: Winand Grundlingh
Met André Terblanché, Kyle Seconna, Lara Coetzee
en Sophia Passerini
Hierdie versnit van musiek, digkuns, 'n skeut volkskuns en 'n wyntema is gebottel vir die fynproewer. Daniel Hugo en Etienne van Heerden se bloemlesing, Miskien sal ek die wingerd prys as hoofbron, word aangevul met volkskuns opgeteken deur Pieter Grobbelaar. Hierdie voordrag- en musiekprogram deur akteurs, sangers en 'n pianis beloof om 'n tinteling op die palet te wees.
MUSIC THEATRE
English and French. Family.
With Daniele Pascal and Pieter van Helslandt (piano & accordion)
Join the award winning French songstress in a programme of entertainment, inspiration and joy. Daniele revisits the classics with her distinctive style featuring Libertango, J'ai deux amours, C'est magnifique and many more.
KABARET
Afr. Gesin
Regie: Jacques Botes
Musiek: Roelof Colyn
Met Willie Strauss
Ná die wegholsukses van Daai ene met die vlerke vertel en sing Willie hierdie keer van hoe die alomteenwoordige engele daagliks in ons lewens kom baljaar. Dikwels as aromas wanneer woorde ontbreek.
DRAMA
Afr. Geen o/16 (N) (T)
Met Wessel Pretorius
Dis 'n eenmanvertoning oor die reis van grootword en die ontnugtering wat daarmee gepaardgaan. Dis 'n studie oor die emosionele samestelling van 'n familie en die vreugdes van vryheid en vlug. Die proses van grootword, word met deernis geskets met behulp van die Groot Verseboek, ma se grammofoonspeler en Pa se Camel Filters.
DIGKUNS / MUSIEK
'n Taalgenoot in samewerking met Rapport, KWV en ATKV-produksie
Met Gerhard Jacobs, Jardus Smith, Bosman Puren, Tammy Aslett, Estien Lesing, Ian Rothman
en Glen Cunniff
'n Huldeblyk aan Leonard Cohen is beslis die beste manier om 'n fees van musiek, kuns
en poësie
te skep en die groep Antipode gee gestalte aan sy werke met hul sielvolle
vertolking van sy liedjies.
BESOEKTYE
MAANDAG TOT VRYDAG [ SATERDAG OP VERSOEK ]
TYE: 09:00 - 13:00 en 14:00 - 16:00