Sunday, 5 September 2010    Tuisblad   3:34am  SA Tyd 

ARBEIDSGENOT

GRAFTE

SON HORLOSIE

 
 

VAN WIEG TOT GRAF

Erkenning aan hom wat AFRIKAANS vir ons toeganklik, leesbaar en amptelik gemaak het. "Om ons één eie taal tot nut te gebruik is groter kuns as om sewe vreemdes by te leer."

ARBEIDSGENOT Oudtshoorn is die werkswinkel waar Afrikaans gevorm is en waar "Die Stem van Suid-Afrika" uit die hart en pen van C.J. Langenhoven verrys het.

"VAN WIEG TOT GRAF" MET C.J. LANGENHOVEN
( SAGMOEDIGE NEELSIE )

1873 :

C.J. Langenhoven - geboorte & skoolloopbaan

 

Cornelis Jakobus Langenhoven is in die nag tussen 12 en 13 Augustus 1873 op die plaas Hoeko in die distrik van Ladismith gebore. Hy self het altyd sy verjaardag op 12 Augustus gevier, maar in die doopregister van die Nederduitse Gereformeerde Kerk op Ladismith, staan aangeteken dat hy op 28 September deur Ds. Van Velden gedoop is en op 13 Augustus 1873 gebore is.

Hy was ‘n swak en tengerige baba wat waarskynlik vroeg gebore is as gevolg van die skok wat sy moeder opgedoen het toe die tweede seuntjie in die gesin vermoedelik kort voor Langenhoven se geboorte in ‘n brand gesterf het. Sy moeder, Rachel, is vyf dae na sy geboorte in die ouderdom van 25 jaar, oorlede.

Na die dood van sy moeder is Langenhoven na sy oom en tante se huis, die ou opstal op Hoeko, gebring, waar hulle hom as hulle eie kind aangeneem het. Hulle was vir die res van sy lewe sy “Pappie” en “Mammie”, terwyl hy sy genetiese vader altyd “Anderpa” genoem het. Omdat hy so klein en tengerig was, het sy pleegvader hom “Petit” genoem.

Petit het sy eerste skoolopleiding van goewernantes op Hoeko ontvang. Met die koms van Meester Bloemkolk, Marthinus Paulus Bloemkolk, het hy vir die eerste keer ‘n onderwyser van formaat gehad – iemand wat hom goed kon onderrig en met sy persoonlikheid, sy onbesproke karakter, sy pligsgevoel en sy beskaafdheid ‘n blywende indruk op die jong gemoed kon maak.

Aan die begin van 1888 het Langenhoven op Ladismith, ongeveer 14 km. van Hoeko af, begin skoolgaan. In Julie 1890 word Petit op die ouderdom van 16 jaar en 11 maande in die Riversdale Public School for Boys toegelaat waar hy in Junie 1892 sou matrikuleer.

1882 :

Sarie Karolus 'n 15 jarige meisie begin by Lenie van Velden werk

1888 :

C.J. Langenhoven & Meiringspoort

1895 :

Langenhoven behaal BA-graad, hou onderwys en werk as klerk

1896 :

C.J. Langenhoven kry LLB-graad

1897 :

Trou met Magdalena Maria Hugo (Vroutjie) op Ladismith

1898 :

Woodbine ( Tans Arbeidsgenot ) gebou

1899 :

Langenhoven begin as prokureur op Oudtshoorn

1901 :

Langenhoven word as advokaat toegelaat.  Engela - hul enigste kind word gebore.

1900 :

Blink uit as puik wetsgeleerde in watersake

1903 :

Langenhoven trek na Arbeidsgenot (vanaf Hoopstraat)

1905 :

Afrikaanse Taalgenootskap gevestig

1914 :

Word Lid van die Provinsiale Raad - aanvaar afrikaans as onderrigmedium

1916 :

Afrikaans in die Huisgenoot

1918 :

Die eerste Afrikaanse tydskrif vir die vrou uitgegee, Die Boervrou.

1920 :

Langenhoven word tot die Volksraad verkies.

1921 :

Word Senator

1925 :

Afrikaans word as parlementstaal toegelaat

1926 :

Dig die Vlaglied

1927 :

Afrikaans word as landstaal, saam met Engels, aanvaar.

1931 :

Ontvang 'n ere-doktorsgraad van die Universiteit van Stellenbosch

1932 :

C.J. Langenhoven oorlede

1950 :

Magdalena Maria (Vroutjie) oorlede Bemaak die huis en die inhoud aan die "Afrikaner Volk" van Suid-Afrika

1955 :

Arbeidsgenot vir die publiek oopgestel

1973 :

Herdenking van 'n 100 jaar van die mens C.J. Langenhoven

1989 :

Arbeidsgenot gerestoureer Arbeidsgenot 2000 - projek van stapel gestuur

1999 :

Die huis word in 'n lewende museum omskep

2003 :

Stoflike oorskotte word op Arbeidsgenot herbegrawe

2003 :

Onthulling van grafte as monument



MET BESOEK AAN ARBEIDSGENOT

Beleef die steeds lewende verhaal van ons taal, met die besoek aan die volgende:

  • Arbeidsgenot - CJ Langenhoven Huis Neelsie en Vroutjie se grafte
  • Langenhoven se Sonhorlosie
  • Herrie die Olifant
  • Vroutjie se tuin
  • Gedenktuin
  • Neelsie se Werkplekkie
  • Hoor Neelsie self praat

BESOEKTYE

Dae : Maandag tot Vrydag (Saterdae op versoek)
Tye : 09:30 - 13:00 en 14:00 - 17:00

BEELD IN TUIN

TUIN

OUDTSHOORN
 
Kopiereg © 2010  ::  Langenhoven Gedenkfonds -  Webtuiste deur: WebWorX