Sunday, 5 September 2010    Tuisblad   3:32am  SA Tyd 

ARBEIDSGENOT

GRAFTE

SON HORLOSIE

 
 

VAN WIEG TOT GRAF

Erkenning aan hom wat AFRIKAANS vir ons toeganklik, leesbaar en amptelik gemaak het. "Om ons één eie taal tot nut te gebruik is groter kuns as om sewe vreemdes by te leer."

ARBEIDSGENOT Oudtshoorn is die werkswinkel waar Afrikaans gevorm is en waar "Die Stem van Suid-Afrika" uit die hart en pen van C.J. Langenhoven verrys het.

"VAN WIEG TOT GRAF" MET C.J. LANGENHOVEN
( SAGMOEDIGE NEELSIE )

1873 :

C.J. Langenhoven - geboorte & skoolloopbaan

1882 :

Sarie Karolus 'n 15 jarige meisie begin by Lenie van Velden werk

1888 :

C.J. Langenhoven & Meiringspoort

1895 :

Langenhoven behaal BA-graad, hou onderwys en werk as klerk

1896 :

C.J. Langenhoven kry LLB-graad

1897 :

Trou met Magdalena Maria Hugo (Vroutjie) op Ladismith

1898 :

Woodbine ( Tans Arbeidsgenot ) gebou

1899 :

Langenhoven begin as prokureur op Oudtshoorn

1901 :

Langenhoven word as advokaat toegelaat.  Engela - hul enigste kind word gebore.

1900 :

Blink uit as puik wetsgeleerde in watersake

1903 :

Langenhoven trek na Arbeidsgenot (vanaf Hoopstraat)

 

Sowat sewe maande na Langenhoven se terugkeer na Oudtshoorn, op 13 Junie 1903, word ‘n akte van transport ten gunste van Magdalena Maria Langenhoven gemaak vir ‘n woning met die naam Woodbine, geleë in Westelike Weg – ‘n straat wat in 1952 tot Jan van Riebeeckweg herdoop is. In ‘n later stadium het Langenhoven die huis herdoop tot Arbeidsgenot en self twee hekke gemaak, met die woorddele “Arbeids” en “genot” aan die straat se kant daarop uitgebeitel. Mev. Langenhoven het die blomtuin behartig terwyl Langenhoven lief was daarvoor om water te lei.

Woodbine is in 1898 gebou deur die destydse eienaars, Hans Andreas Bernhardt en August Hoesch en was dus nog ‘n betreklik nuwe huis toe die Langenhovens dit gekoop het. Die grond waarop die huis staan, was oorspronklik deel van Erf 1, wat in 1875 verkoop is aan George Mason Edmeades.

1905 :

Afrikaanse Taalgenootskap gevestig

1914 :

Word Lid van die Provinsiale Raad - aanvaar afrikaans as onderrigmedium

1916 :

Afrikaans in die Huisgenoot

1918 :

Die eerste Afrikaanse tydskrif vir die vrou uitgegee, Die Boervrou.

1920 :

Langenhoven word tot die Volksraad verkies.

1921 :

Word Senator

1925 :

Afrikaans word as parlementstaal toegelaat

1926 :

Dig die Vlaglied

1927 :

Afrikaans word as landstaal, saam met Engels, aanvaar.

1931 :

Ontvang 'n ere-doktorsgraad van die Universiteit van Stellenbosch

1932 :

C.J. Langenhoven oorlede

1950 :

Magdalena Maria (Vroutjie) oorlede Bemaak die huis en die inhoud aan die "Afrikaner Volk" van Suid-Afrika

1955 :

Arbeidsgenot vir die publiek oopgestel

1973 :

Herdenking van 'n 100 jaar van die mens C.J. Langenhoven

1989 :

Arbeidsgenot gerestoureer Arbeidsgenot 2000 - projek van stapel gestuur

1999 :

Die huis word in 'n lewende museum omskep

2003 :

Stoflike oorskotte word op Arbeidsgenot herbegrawe

2003 :

Onthulling van grafte as monument



MET BESOEK AAN ARBEIDSGENOT

Beleef die steeds lewende verhaal van ons taal, met die besoek aan die volgende:

  • Arbeidsgenot - CJ Langenhoven Huis Neelsie en Vroutjie se grafte
  • Langenhoven se Sonhorlosie
  • Herrie die Olifant
  • Vroutjie se tuin
  • Gedenktuin
  • Neelsie se Werkplekkie
  • Hoor Neelsie self praat

BESOEKTYE

Dae : Maandag tot Vrydag (Saterdae op versoek)
Tye : 09:30 - 13:00 en 14:00 - 17:00

BEELD IN TUIN

TUIN

OUDTSHOORN
 
Kopiereg © 2010  ::  Langenhoven Gedenkfonds -  Webtuiste deur: WebWorX