1873 : | C.J. Langenhoven - geboorte & skoolloopbaan |
1882 : | Sarie Karolus 'n 15 jarige meisie begin by Lenie van Velden werk |
1888 : | C.J. Langenhoven & Meiringspoort |
1895 : | Langenhoven behaal BA-graad, hou onderwys en werk as klerk |
1896 : | C.J. Langenhoven kry LLB-graad |
1897 : | Trou met Magdalena Maria Hugo (Vroutjie) op Ladismith |
1898 : | Woodbine ( Tans Arbeidsgenot ) gebou |
1899 : | Langenhoven begin as prokureur op Oudtshoorn |
1901 : | Langenhoven word as advokaat toegelaat. Engela - hul enigste kind word gebore. |
1900 : | Blink uit as puik wetsgeleerde in watersake |
1903 : | Langenhoven trek na Arbeidsgenot (vanaf Hoopstraat) |
1905 : | Afrikaanse Taalgenootskap gevestig |
| | Tot ten minste 1907 was Langenhoven nie in die Afrikaanse taalstryd geïnteresseerd nie en het hy eers na die stigting van die Afrikaanse Taalvereniging tot Afrikaans bekeer geraak. In 1910 het hy ‘n artikel “The problem of the dual language in South Africa” gepubliseer. Met sy bekering tot Afrikaans het Langenhoven sy eintlike missie in die lewe gevind, naamlik om te veg vir die regte van Afrikaans en om literatuur te skep wat die aansien van die taal sou verhoog.
Aanvanklik het hierdie nuwe ingesteldheid van hom uiting gevind in bydraes tot Ons Land, De Volkstem en later ook Die Brandwag. In 1910 het hy ook ‘n klein boekie “Padlangers en zonder doekies: ‘n Afrikaansche boodschap van ‘n Afrikaander aan Afrikaanders” uitgegee. Kort daarna verskyn die publikasie “The Royal road to Cape Dutch” asook “Die Trouwbelofte” In 1911 publiseer hy “Eenvoudige stukkies en brokkies” .
Op 1 April 1912 word Langenhoven redakteur van die plaaslike koerant, “Het Zuid-Westen”. In Augustus 1912 word die vakante pos van joernalis by die koerant deur ‘n Joodse dame, Sarah Goldblatt, gevul. Alhoewel sy Afrikaans nie geken het nie, kon sy dit gou leer en het sy baie gou Langenhoven se hartstog vir Afrikaans haar eie gemaak. Sy het ook gou sy persoonlike assistent en intieme huisvriendin geword. Langenhoven het gou sy persoonlike stempel op die koerant afgedruk en alles het daartoe gelei dat “Het Zuid-Westen” selfs deur lesers ver buite die suidwestelike distrikte van Kaapland gelees is.
|
1914 : | Word Lid van die Provinsiale Raad - aanvaar afrikaans as onderrigmedium |
1916 : | Afrikaans in die Huisgenoot |
1918 : | Die eerste Afrikaanse tydskrif vir die vrou uitgegee, Die Boervrou. |
1920 : | Langenhoven word tot die Volksraad verkies. |
1921 : | Word Senator |
1925 : | Afrikaans word as parlementstaal toegelaat |
1926 : | Dig die Vlaglied |
1927 : | Afrikaans word as landstaal, saam met Engels, aanvaar. |
1931 : | Ontvang 'n ere-doktorsgraad van die Universiteit van Stellenbosch |
1932 : | C.J. Langenhoven oorlede |
1950 : | Magdalena Maria (Vroutjie) oorlede Bemaak die huis en die inhoud aan die "Afrikaner Volk" van Suid-Afrika |
1955 : | Arbeidsgenot vir die publiek oopgestel |
1973 : | Herdenking van 'n 100 jaar van die mens C.J. Langenhoven |
1989 : | Arbeidsgenot gerestoureer Arbeidsgenot 2000 - projek van stapel gestuur |
1999 : | Die huis word in 'n lewende museum omskep |
2003 : | Stoflike oorskotte word op Arbeidsgenot herbegrawe |
2003 : | Onthulling van grafte as monument |
Beleef die steeds lewende verhaal van ons taal, met die besoek aan die volgende: