1873 : | C.J. Langenhoven - geboorte & skoolloopbaan |
1882 : | Sarie Karolus 'n 15 jarige meisie begin by Lenie van Velden werk |
1888 : | C.J. Langenhoven & Meiringspoort |
1895 : | Langenhoven behaal BA-graad, hou onderwys en werk as klerk |
1896 : | C.J. Langenhoven kry LLB-graad |
1897 : | Trou met Magdalena Maria Hugo (Vroutjie) op Ladismith |
1898 : | Woodbine ( Tans Arbeidsgenot ) gebou |
1899 : | Langenhoven begin as prokureur op Oudtshoorn |
1901 : | Langenhoven word as advokaat toegelaat. Engela - hul enigste kind word gebore. |
1900 : | Blink uit as puik wetsgeleerde in watersake |
1903 : | Langenhoven trek na Arbeidsgenot (vanaf Hoopstraat) |
1905 : | Afrikaanse Taalgenootskap gevestig |
1914 : | Word Lid van die Provinsiale Raad - aanvaar afrikaans as onderrigmedium |
1916 : | Afrikaans in die Huisgenoot |
1918 : | Die eerste Afrikaanse tydskrif vir die vrou uitgegee, Die Boervrou. |
1920 : | Langenhoven word tot die Volksraad verkies. |
1921 : | Word Senator |
1925 : | Afrikaans word as parlementstaal toegelaat |
1926 : | Dig die Vlaglied |
1927 : | Afrikaans word as landstaal, saam met Engels, aanvaar. |
1931 : | Ontvang 'n ere-doktorsgraad van die Universiteit van Stellenbosch |
| | Op Woensdag, 24 Junie 1931 om 11h00 is ‘n ere-doktorsgraad tydens die gradeplegtigheid van die Universiteit van Stellenbosch aan Langenhoven toegeken. By hierdie geleentheid het die rektor, Prof. R. W. Wilcocks die commendatio, opgestel deur Prof. E. C. Pienaar, voorgelees. Daarin sê Pienaar in sy aanbeveling dat Langenhoven “’n algemene bekendheid verwerf het soos geen ander Afrikaanse skrywer vandag besit nie … want Senator Langenhoven skryf nie, maar hy praat, ook waar hy die pen hanteer. Sodat met waarheid van hom gesê kan word dat hy sy volk leer lees het.” |
1932 : | C.J. Langenhoven oorlede |
1950 : | Magdalena Maria (Vroutjie) oorlede Bemaak die huis en die inhoud aan die "Afrikaner Volk" van Suid-Afrika |
1955 : | Arbeidsgenot vir die publiek oopgestel |
1973 : | Herdenking van 'n 100 jaar van die mens C.J. Langenhoven |
1989 : | Arbeidsgenot gerestoureer Arbeidsgenot 2000 - projek van stapel gestuur |
1999 : | Die huis word in 'n lewende museum omskep |
2003 : | Stoflike oorskotte word op Arbeidsgenot herbegrawe |
2003 : | Onthulling van grafte as monument |
Beleef die steeds lewende verhaal van ons taal, met die besoek aan die volgende: