Sunday, 5 September 2010    Tuisblad   3:48am  SA Tyd 

ARBEIDSGENOT

GRAFTE

SON HORLOSIE

 
 

VAN WIEG TOT GRAF

Erkenning aan hom wat AFRIKAANS vir ons toeganklik, leesbaar en amptelik gemaak het. "Om ons één eie taal tot nut te gebruik is groter kuns as om sewe vreemdes by te leer."

ARBEIDSGENOT Oudtshoorn is die werkswinkel waar Afrikaans gevorm is en waar "Die Stem van Suid-Afrika" uit die hart en pen van C.J. Langenhoven verrys het.

"VAN WIEG TOT GRAF" MET C.J. LANGENHOVEN
( SAGMOEDIGE NEELSIE )

1873 :

C.J. Langenhoven - geboorte & skoolloopbaan

1882 :

Sarie Karolus 'n 15 jarige meisie begin by Lenie van Velden werk

1888 :

C.J. Langenhoven & Meiringspoort

1895 :

Langenhoven behaal BA-graad, hou onderwys en werk as klerk

1896 :

C.J. Langenhoven kry LLB-graad

1897 :

Trou met Magdalena Maria Hugo (Vroutjie) op Ladismith

1898 :

Woodbine ( Tans Arbeidsgenot ) gebou

1899 :

Langenhoven begin as prokureur op Oudtshoorn

1901 :

Langenhoven word as advokaat toegelaat.  Engela - hul enigste kind word gebore.

1900 :

Blink uit as puik wetsgeleerde in watersake

1903 :

Langenhoven trek na Arbeidsgenot (vanaf Hoopstraat)

1905 :

Afrikaanse Taalgenootskap gevestig

1914 :

Word Lid van die Provinsiale Raad - aanvaar afrikaans as onderrigmedium

1916 :

Afrikaans in die Huisgenoot

1918 :

Die eerste Afrikaanse tydskrif vir die vrou uitgegee, Die Boervrou.

1920 :

Langenhoven word tot die Volksraad verkies.

1921 :

Word Senator

1925 :

Afrikaans word as parlementstaal toegelaat

1926 :

Dig die Vlaglied

1927 :

Afrikaans word as landstaal, saam met Engels, aanvaar.

1931 :

Ontvang 'n ere-doktorsgraad van die Universiteit van Stellenbosch

1932 :

C.J. Langenhoven oorlede

1950 :

Magdalena Maria (Vroutjie) oorlede Bemaak die huis en die inhoud aan die "Afrikaner Volk" van Suid-Afrika

 

Na Langenhoven se dood het Vroutjie, tien jaar ouer as hy, in hul woning, Arbeidsgenot, haar lewe voortgesit en van tyd tot tyd opgetree by sommige huldigingsaande ter ere van haar oorlede eggenoot. Sy is in haar sewe-en-tagtigste jaar oorlede, op 23 Mei 1950 en is langs Langenhoven in Oudtshoorn begrawe.

Vroutjie het in haar testament Arbeidsgenot met alle meubels daarin deur die aanwysing van ‘n raad van trustees vir die bedrag van ₤1 500 vir die woning en ₤300 vir die los goedere “ten behoewe van die Afrikaner volk van die Unie van Suid-Afrika te koop aangebied”, met die bedoeling om die woning vir besoekers toeganklik te stel en te behou soos dit tydens Langenhoven se lewe daar uitgesien het.

1955 :

Arbeidsgenot vir die publiek oopgestel

1973 :

Herdenking van 'n 100 jaar van die mens C.J. Langenhoven

1989 :

Arbeidsgenot gerestoureer Arbeidsgenot 2000 - projek van stapel gestuur

1999 :

Die huis word in 'n lewende museum omskep

2003 :

Stoflike oorskotte word op Arbeidsgenot herbegrawe

2003 :

Onthulling van grafte as monument



MET BESOEK AAN ARBEIDSGENOT

Beleef die steeds lewende verhaal van ons taal, met die besoek aan die volgende:

  • Arbeidsgenot - CJ Langenhoven Huis Neelsie en Vroutjie se grafte
  • Langenhoven se Sonhorlosie
  • Herrie die Olifant
  • Vroutjie se tuin
  • Gedenktuin
  • Neelsie se Werkplekkie
  • Hoor Neelsie self praat

BESOEKTYE

Dae : Maandag tot Vrydag (Saterdae op versoek)
Tye : 09:30 - 13:00 en 14:00 - 17:00

BEELD IN TUIN

TUIN

OUDTSHOORN
 
Kopiereg © 2010  ::  Langenhoven Gedenkfonds -  Webtuiste deur: WebWorX