Erkenning aan hom wat AFRIKAANS vir ons toeganklik, leesbaar en amptelik gemaak het.
"Om ons één eie taal tot nut te gebruik is groter kuns as om sewe vreemdes by te leer."
ARBEIDSGENOT Oudtshoorn is die werkswinkel waar Afrikaans gevorm is en waar
"Die Stem van Suid-Afrika" uit die hart en pen van C.J. Langenhoven verrys het.
"VAN WIEG TOT GRAF" MET C.J. LANGENHOVEN ( SAGMOEDIGE NEELSIE )
In 1955 is die restourasie en inrigting van Arbeidsgenot voltooi en op 21 April 1955 is die museum amptelik deur Dr. Jansen in teenwoordigheid van Sarah Goldblatt en Engela oopgestel. Dr. M. Grundlingh was die eerste kurator wat besoekers by Arbeidsgenot moes ontvang.