Erkenning aan hom wat AFRIKAANS vir ons toeganklik, leesbaar en amptelik gemaak het.
"Om ons één eie taal tot nut te gebruik is groter kuns as om sewe vreemdes by te leer."
ARBEIDSGENOT Oudtshoorn is die werkswinkel waar Afrikaans gevorm is en waar
"Die Stem van Suid-Afrika" uit die hart en pen van C.J. Langenhoven verrys het.
"VAN WIEG TOT GRAF" MET C.J. LANGENHOVEN ( SAGMOEDIGE NEELSIE )
Thomas Bain open die Swartbergpas vir verkeer. Tot hierdie stadium was slegs Meiringspoort, wat in 1858 geopen is, begaanbaar na die Karoo. Hierdie poort sou later jare ʼn groot aandeel hê in Langenhoven se gewildheid as skrywer.