Erkenning aan hom wat AFRIKAANS
vir ons toeganklik, leesbaar en amptelik
gemaak het. "Om ons één eie taal tot nut
te gebruik is groter kuns as om
sewe vreemdes by te leer."
ARBEIDSGENOT in Oudtshoorn is die werkswinkel waar Afrikaans gevorm is en waar Die Stem van Suid-Afrika uit die hart en pen van C.J. Langenhoven verrys het.
Met besoek aan Arbeidsgenot
Beleef die steeds lewende verhaal
van ons taal.

BESOEKTYE
MAANDAG TOT VRYDAG [ SATERDAG OP VERSOEK ]
TYE: 09:30 - 13:00 en 14:00 - 17:00
