Sunday, 5 September 2010    Tuisblad   3:58am  SA Tyd 

ARBEIDSGENOT

GRAFTE

SON HORLOSIE

 
 

VAN WIEG TOT GRAF

Erkenning aan hom wat AFRIKAANS vir ons toeganklik, leesbaar en amptelik gemaak het. "Om ons één eie taal tot nut te gebruik is groter kuns as om sewe vreemdes by te leer."

ARBEIDSGENOT Oudtshoorn is die werkswinkel waar Afrikaans gevorm is en waar "Die Stem van Suid-Afrika" uit die hart en pen van C.J. Langenhoven verrys het.

"VAN WIEG TOT GRAF" MET C.J. LANGENHOVEN
( SAGMOEDIGE NEELSIE )

1873 :

C.J. Langenhoven - geboorte & skoolloopbaan

1882 :

Sarie Karolus 'n 15 jarige meisie begin by Lenie van Velden werk

1888 :

C.J. Langenhoven & Meiringspoort

1895 :

Langenhoven behaal BA-graad, hou onderwys en werk as klerk

 

Langenhoven is aan die begin van 1893 na Stellenbosch om aan die Victoria College te studeer. Hy wou aanvanklik teologie studeer, maar het toe besluit op die Regte as ‘n beroep. Daar is weinig besonderhede oor die twee jaar wat hy op Stellenbosch gestudeer het, bekend. Hy self het van hierdie tydperk gepraat as “‘n jarelange stuk woestynlewe waaroor daar min te sê is as dat dit ‘n woestyn was.” Gedurende 1894 het Langenhoven dan ook die hele jaar op die plaas rondgelê om “daar te maak nes iemand wat leer.”

In 1893 het Langenhoven vir Helena de Vries op haar niggie se troue ontmoet. Sy was die dogter van Abraham Hermanus en Helena de Vries, welgestelde mense van Prince Albert distrik. Langenhoven en Helena het op 17 Maart 1894 verloof geraak.

In 1895 het Langenhoven na Stellenbosch teruggekeer waar hy die B.A.-eksamen in Junie 1895 voltooi het. Vanaf 8 Julie 1895 tot Maart 1896 was hy onderwyser by ‘n eenmanskool in Langlaagte. Hy is hierna terug na Hoeko, maar teen hierdie tyd was daar egter reeds iets in die onbestendige jongman wat Abraham de Vries laat besluit het dat sy dogter se verlowing tot ‘n einde moet kom.

Na die beëindiging van hulle verlowing in 1896, het Kerneels Langenhoven privaat onderwys gegee op Ladismith. In dieselfde jaar het hy begin werk as klerk by Th. C. W. Johnson, prokureur en notaris op die dorp.

1896 :

C.J. Langenhoven kry LLB-graad

1897 :

Trou met Magdalena Maria Hugo (Vroutjie) op Ladismith

1898 :

Woodbine ( Tans Arbeidsgenot ) gebou

1899 :

Langenhoven begin as prokureur op Oudtshoorn

1901 :

Langenhoven word as advokaat toegelaat.  Engela - hul enigste kind word gebore.

1900 :

Blink uit as puik wetsgeleerde in watersake

1903 :

Langenhoven trek na Arbeidsgenot (vanaf Hoopstraat)

1905 :

Afrikaanse Taalgenootskap gevestig

1914 :

Word Lid van die Provinsiale Raad - aanvaar afrikaans as onderrigmedium

1916 :

Afrikaans in die Huisgenoot

1918 :

Die eerste Afrikaanse tydskrif vir die vrou uitgegee, Die Boervrou.

1920 :

Langenhoven word tot die Volksraad verkies.

1921 :

Word Senator

1925 :

Afrikaans word as parlementstaal toegelaat

1926 :

Dig die Vlaglied

1927 :

Afrikaans word as landstaal, saam met Engels, aanvaar.

1931 :

Ontvang 'n ere-doktorsgraad van die Universiteit van Stellenbosch

1932 :

C.J. Langenhoven oorlede

1950 :

Magdalena Maria (Vroutjie) oorlede Bemaak die huis en die inhoud aan die "Afrikaner Volk" van Suid-Afrika

1955 :

Arbeidsgenot vir die publiek oopgestel

1973 :

Herdenking van 'n 100 jaar van die mens C.J. Langenhoven

1989 :

Arbeidsgenot gerestoureer Arbeidsgenot 2000 - projek van stapel gestuur

1999 :

Die huis word in 'n lewende museum omskep

2003 :

Stoflike oorskotte word op Arbeidsgenot herbegrawe

2003 :

Onthulling van grafte as monument



MET BESOEK AAN ARBEIDSGENOT

Beleef die steeds lewende verhaal van ons taal, met die besoek aan die volgende:

  • Arbeidsgenot - CJ Langenhoven Huis Neelsie en Vroutjie se grafte
  • Langenhoven se Sonhorlosie
  • Herrie die Olifant
  • Vroutjie se tuin
  • Gedenktuin
  • Neelsie se Werkplekkie
  • Hoor Neelsie self praat

BESOEKTYE

Dae : Maandag tot Vrydag (Saterdae op versoek)
Tye : 09:30 - 13:00 en 14:00 - 17:00

BEELD IN TUIN

TUIN

OUDTSHOORN
 
Kopiereg © 2010  ::  Langenhoven Gedenkfonds -  Webtuiste deur: WebWorX