Erkenning aan hom wat AFRIKAANS vir ons toeganklik, leesbaar en amptelik gemaak het.
"Om ons één eie taal tot nut te gebruik is groter kuns as om sewe vreemdes by te leer."
ARBEIDSGENOT Oudtshoorn is die werkswinkel waar Afrikaans gevorm is en waar
"Die Stem van Suid-Afrika" uit die hart en pen van C.J. Langenhoven verrys het.
"VAN WIEG TOT GRAF" MET C.J. LANGENHOVEN ( SAGMOEDIGE NEELSIE )
Langenhoven verwerf die graad LLB aan die University of the Cape of Good Hope en hy kwalifiseer om sowel as prokureur en advokaat diens te aanvaar. Hy kon dus hierna onmiddelik tot die balie toegelaat word om as advokaat te praktiseer en in die hooggeregshof op te tree. Hy verkies om prokureur te word. Hy verhuis na Oudtshoorn en in Augustus van daardie jaar begin hy daar as prokureur by die firma J.A Foster.